Tuesday, August 19, 2008

Toe dit nag was

Daar was geen lag nie

Niks het opgeklink anders as die stof wat in ons nadenke vasgewalm sit

Daar was geen lig nie

Niks wat teen die wande vasgegil het of die pad kon bedui

Nou sit ons steeds hier

Vasgeketting in ‘n kring

En tas benoud in die donker rond

2 comments:

izak w janse van rensburg said...

'n verwese vers wat diep tref.
ene wat mens laat uitsien na sy opvolg vers. met die titel "Tans" of "Nou" ?

Anonymous said...

En dit was aand en dit was môre. Die tweede dag....