op hierdie aarde
het ek niks verloor
op hierdie aarde
mis ek reeds
prediker het toe al geweet
toentertyd sal nie al tyd wees
en daarom
daarom
hou ek steeds
styf vas
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
1 comment:
Op hierdie aarde
het ek niks verloor!
Ja, Prediker Annelie, Don McLean sing mos vir Vincent: This world was never meant for one as beautiful as you.
Wanner hoor ons nou iets van die digbundel? Ek dink jy sal my inskrywing geniet wat ek pas gemaak het, kom maak 'n draai!
Groete,
Chris
Post a Comment