Thursday, June 4, 2009

saamwees

nege-en-twintig jaar, sal meeste mense sê
is 'n baie lang tyd saam, 'n leeftyd selfs

spoelklippe het nie meer hoeke nie

na alles, kan ons sê
dis hoe dit voel om te hoort

2 comments:

Anonymous said...

Dit lyk my dubbele gelukwense is in orde! Met 'n huweliksherdenking en 'n kleinkind op pad, veels geluk.
Bly om te sien jy skryf weer hier.

izak w janse van rensburg said...

welverdiende selftevredenheid