Sunday, September 22, 2013

om te dig of nie te dig nie

as die skryfpen opdaag
koes sy soms
letterlik
onder die duvet in

dans die woorde deur water
soos drome, syfer weg

in daglig
lyk selfs vrye verse

verstommend anders

vir haar

om middelnag op te staan
skribbelend neer te tik
wat gebaar wou wees
is tekenend
'n gedig


die skepping van skaduwees

bykans soos
om donker lig te gee





No comments: