Friday, October 4, 2013

die telefoon is (ook) nie meer daar nie

'n oomblik se skrik
die dink
ek het nog nie vandag gebel.
die onmid'like onthou
ek kan nie
die lyn is mos geknip

die herhaalde vasknoop:
goedjies om te onthou
               om te vertel
as ek nounou sou bel
die weer weet
ma weet reeds
my poging(s) tot praat
nou heel oorbodig

asof die naelstring steeds bestaan
party verbindings kan nie breek
al word hul hemelhoog gerek


No comments: