Wednesday, October 24, 2007

afskeid

vandag se fynbesnaard lê oopgespalk
in die son en braai
vannag gaan weer koelte bring
tot dit yskoud deur my lyf sal trek
en ek jou
uiteindelik
vergeet

2 comments:

izak w janse van rensburg said...

ek probeer deesdae net een byvoeglike naamwoord aan enige gedig koppel ( probeer self - dissie so maklikie) : elegies ?

Anonymous said...

ouch...gaan 'n koue rilling by my ruggraat af en skiet reg deur my hart!
jou vermoee om woorde sooo reg te groepeer dat ek sulke diep emosies beleef met die aanlees daarvan,maak dat ek so bly en warm gevoeling om die hart kry!(ten spyte van die hartseer van wat in die woorde verskuil le...)
(xx)E