Thursday, November 8, 2007

in die middel van die winter

jy sit in Sandiego

en ek tussen huise maar darem met ‘n dak oor my kop

ta! Jy kyk mooi na my

jy’s net nie altyd hier om te sien hóe mooi

jy na my kyk


izak, spesiaal...

die senter van die somer:

dra 'n blom
haar naam staan geskryf
reg op die punt
in die middel van sy hart!

6 comments:

Anonymous said...

Mooi. Klink vir my na 'n verlangery na die "heer des huizes"! (Ek het die uitdrukking gesien by 'n Belgiese blog wat ek lees: http://anneman.wordpress.com/2007/10/23/ditjes-datjes/
Een leuke blog om te besoek.

Ek het lank laas gesien dat jy by my 'n draaitjie maak. Ek het ook weer vandag 'n digseltjie geplaas - iets wat probeer om 'n limeriek te wees. (Ek het nou geskuif na Wordpress, maar die ou adres vat jou ook soontoe.)

izak w janse van rensburg said...

"loneliness is such a waste of time..."

(wens ek dat dit ek kon wees wat dit eerste kon dink en dig maar dit was gesing deur "The Flames" in hul verwerking van
"For your prescious love" - laat 60tiger jare.
haaits, intussen word ons oud !)

geniet die kwaliteit tyd tussen in.
tel dit bymekaar. en vind dit vul 'n leeftyd.

Anonymous said...

die stukkie praat in kort 'n kragtige verhaal... die mooi dankbaarheid vir goeie versorging en die ewige gemis wat hand aan hand gaan. Die titel is ook so reg gekies, al was die ervaring dalk rerig in die winter, bring die verlange ook die koue allenigheid na vore...welgedaan vir weereens goeie woordkeuses wat emosies mooi omskryf Annelie.
c u soon
xx

Hannes@Home said...

Ek het gelees

Anonymous said...

Hello Annelie,

ek lees jou blog vir 'n rukkie al en het so te sê al jou gedigte gelees. Jy skryf met soveel eerlikheid, ek dink dis baie goed en ek hou van dit. Sal beslis weer kom lees.

Anonymous said...

wanneer verskyn "in die senter van die somer" nou weer?