in jou kykers
kaats die kleure
van 'n klinkklare dag
jou sak is gepak
jou tent afgeslaan
al die lêplekkies opgerol
en ek kan half verwese
en beswaarlik in die skemer
lig sien
jy is alweer oppad
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
2 comments:
pragtig. fasinerend. die 'backpakker' se kom en gaan.
ek sou die laaste reel van die laaste vers heel gehou het sodat dit ook uit drie reels bestaan het soos die eerste twee.
mooi!
oooe.. as ek my nou verbeel dat ek hierdie gedig vir punte moes beskryf in een of ander eksamen/toets, sou ek waag: die eerste 2 strofes laat die gevoel dat die reisiger oppak om nie weer terug te kom--- kinkklare dag... en al die leplekkies opgerol,soos in sekermaak alles is gevat want hy/sy kom nie gou terug nie.
dan die laaste strofe bring die stille verwese emosie van die skrywer uit wat weet dit kan of sal nie anders kan wees vir eers nie maar tog die hoop dat daar wel lig aan die einde van die pad wys wat dui dat die gedurige gereisery sal eindig, daarom ---- in die halwe lig sien-- en dan natuurlik die laaste sin wat aspris nie deel van die laaste strofe moet wees want dit dui/beklemtoon die gebroke gevoel in die hele situasie .
sjoe bly is ek nou dis nie vir punte nie want seker dop ek hierdie toets.
nietemin dink ek dis 'n vrek goeie stuk Annelie.( en sorry vir die essay)
Post a Comment