wit en wyd en oop
lê die gestrekte strand,
die groot oseaan
weer stil vandag
soos sy naam
hittig warm
asem lug en lig en vog
en swel ons trots
terwyl die ritme
trom
oos - a - fri - ka
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
4 comments:
Welkom terug! Was daar nie in die ou dae 'n hit oor Zanibar nie. Amper so in dieselfde tipe stemmetjie as Yellow Boomerang.
baie mooi.
geen wonder Afr. het 'n gesegde wat lui "tussen die duiwel en die diep blou see" as ons nie eerlik wil wees oor hoe dit met ons gaan nie. ek lees 'n wegbreek wat heel kon maak ?
Baie mooi. Welkom terug.
grootse plek , lyk my dit het op die regte tyd gebeur..
xxE
Post a Comment