soms
wil ek net
dierlik dragtig raak
soms
wil ek nie
redelike redenasies voer
soms
wil ek mos sommerso
myself magies verloor
soms
wil ek wel
vinnig ‘n versie maak
of sommer optoor
ek sal, wel,
al wil ek soms nie
ek sal wel
en sekerlik
sommige paadjies spoorloos stap
8 comments:
baanbrekerig. goeie ritme, struktuur en versugtende
inhoud.
Annelie,
my "soms is jy" (sien izak se strofes) is tema gewys en ook woordeliks en inhoudelik darem nie dieselfde nie, al lyk dit op die oog af of die titels kan ooreenstem.
sorry. ek weet jy't eerste geplaas maar ek gaan moeilik 'n ander naam vir myne kry al is dit so dat titels wat in gedigte herhaal blykbaar idioties is volgens sekere "kenners".
Dit is mooi
Respek!
As ek 'n smiley kan kry wat buig pos ek hom hier.
Jasper, ek wou op jou blogspot ook 'n laggie los, toe kan ek nie?
ek hoop jy KRY die smiley, ek wil hom ook graag sien!
Hi Annelie
Ek dink daar is fout met die wordpress spam sagteware...
probeer maar weer ;)
Ai Ai , ek het weer probeer Jasper, maar dit help net mooi niks, jy sal maar 'n ander adres vir my moet los :)
die laaste strofe van hierdie stuk beindruk my, veral
Post a Comment