Tuesday, February 19, 2008

dan groet ons liefs

die berg pastel
die pad vibreer
en sy
sy retireer

sien jy
die skud van 'n haar
met die omdraaislag?

'n kop verstil
'n pen loop leeg
en hy
hy het beweeg

sien jy
die wuif van 'n hand
so stilletjies agterna?

weet jy hoe om te groet?

2 comments:

izak w janse van rensburg said...

on ver my de lik . . .

Anonymous said...

'n klomp emosie tussen die woorde ingevleg.("sad reality")wel gedaan