Wednesday, May 7, 2008

verleiding is 'n hypnotist

jou gebare goël en gom my vas

jou hande smokkel en smous met my kop

jy is !verduiwels! ‘n kulkunstenaar

7 comments:

izak w janse van rensburg said...

interessante alliterasie, asook die gedig se struktuur met die plasing van die lyne van die vers wat die leser se oog so laat bontspring; en as verleiding dan soms so 'haphazardly' ervaar moet word, dan is dit ook OK met my!

Anonymous said...

oorspronklikheid in die woord plasings, klink vir my amper meer of die -jy- in die gedig 'n 'hipnotist' eerder as kulkunstenaar kon wees

Annelie said...

na julle komtare wonder ek nou of ek nie eerder die titel "hipnotist" moet maak nie.
die gediggie se agtergrond:
ek het 2 lukraakte woorde gekry..."goël" en "smous" met opdrag: skryf 'n gedig.
nou ja toe, daar het julle dit. nog hulp en raad is welkom ook!

izak w janse van rensburg said...

*

Anonymous said...

of dalk net 'n Geisha. Geisha betekn artist.

izak w janse van rensburg said...

ek kom loer nog gereeld hier. ek het al gedink jy dig onder 'n ander naam op 'n ander blog en dat verleiding 'n HERLEIDING ondergaan het omdat jy nie wil he ek
(of ander) moet insae daarin kry nie?

Anonymous said...

Ek het jou lieflike blog laaaankal 'ontdek' en die kosbare woord-skatte veilig bewaar waar dit saak maak; diep in die kern van my hart.