Sunday, May 4, 2008

so

ek het jou lief.
ek wil dit in woorde vir jou kom skryf

ek het jou lief: so omrede van
en so sonder rede, eintlik
so nie ter wille van
en ten spyte van en
nog as gevolg van seker ook

ek het jou so verskríklik lief, so
skriklóós, so vrééslik, tog sónder vrees.
so altyd, al sal dit my net tydelik beskore wees

en ek bly verwonderd
waarom woorde
so vreeslik erg en ver te kort kom ook

5 comments:

izak w janse van rensburg said...

hier vind ons 'n hele paar maniere en voorwaardes waarop liefde betoon kan word in een gedig en dit is goed genoeg vir my om te eksklameer - Annelie , nou praat jy...!

Anonymous said...

Lyk nie vir my of jy veel woorde kortkom nie Annelie. Hierdie een Blik ek vir 'n slag!

Anonymous said...

so is so mooi..

Anonymous said...

..oud genoeg om te verstaan hoe klaar en onkortstondig dit bewaar bly wat mens nooit besit. Elisabeth Eybers.
...so 'n liefde miskien
baie mooi geskryf annelie

Anonymous said...

Ek hou hiervan... sommer baie