ek staan in die tou by die till
sy scan en lui alles op
een item hak vas
sy bekyk hom skuins
tik die kode in
sonner 'n oog se knip
haai, vra ek, diep beindruk
hoe kry jy dit reg?
sommer so uit jou kop?
tussen wit tande deur
hoor ek haar trots:
brainpower mevrou
ons deel die breedte van 'n glimlag
ek sê wow, mooi so
en betaal kontant
met die pakkies in die motorbak
glip 'n gedagte
het sy gesê bruin of brein?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
7 comments:
Jong, ek hoor hulle sê "n Boer maak 'n plan, maar 'n coulored maak magic". Of sê ek nou weer iets verkeerd, my oom het so 'n buurman gehad wat toe hy sommer so in die gesprek oor die heining vir hom sê "Jong, ons sal moet so of so maak" gesê het, "Ek is nie jou jong nie"!
Die is 'n boekmerk ene, wat weer bewys dat elke dag se ware wyshede, wat op 'n deernisvolle oor soos joune kon val, ewigheidswaarde verkry.
dankie Izak, ek weet nie of jy weet hoeveel jou woorde vir my beteken nie
xxx
mykopop, vir ingeval jy weer hier kom lees, wil ek so biekie tong-innie-kies nog 'n stertjie bylas: hy't darem nie gesê.. "Jong, ek is nie jou jong nie", ne? *lag* dankie vir die komtaar/koement, en dat jy soms kom lees, ook, dalk veral.
ek't amper te lanklaas hier kom lees, hierdie is voorwaar lekker voorbeeld van hoe afrikaanse woordspeling betekenis kan gee/ of dan verander, en jy het die manier hoe dit sommer so in die loop van 'n gewone dag gebeur uitstekend vas gevang. Mooi!
Hierdie is puik!! Eerste keer dat ek by jou inloer! Geniet dit vreeslik! Dankie!
ta! Esthea, en Tersia, welkom!
Dis oulik Annelie, ek het nou lekker gelag!
Post a Comment