Thursday, October 8, 2009

tapesserie in kleur en klank

inmekaar gevleg
met kettingstekies
vasgeheg
ingeborge
sonder sorge
sonder skroom

so sal dit lyk
as ek oor jou droom

1 comment:

Anonymous said...

Haai Annelie, ek loer darem nog nou en dan hier in (moenie ophou nie!), net nie altyd iets om te sê nie. Hierdie enetjie het my nou laat dink aan 'n lawwe enetjie wat ek een aand geskryf het. Dit was na ek 'n skildery gekoop het en 'n borduurwerk moes plek maak. Maar mens voel mos jammer om sulke goed weg te gooi, toe besluit ek om dit in die badkamer te hang - dit skakel toe baie mooi in by die appelkoos patroontjies in die teëls.