Friday, October 4, 2013

vertrekpunt

'n terugblik op dié stasie. 'n plek van vertrek
uit die hoek van 'n agtergeblewene
'n boodskap:
kyk na jou eie kruiwa vol goed

*****

met pa was daar bagasie


ma het lig getravel

(al kan ek verbeel sy kon swaar tasse dra)

*****

aan die einde van die dag
bly dit
die vraag
wat stoot jy saam
wat kon jy los

No comments: