(gebore in gesprek met Arden, maar waar vir elkeen in my kring)
ek vra wéét jy hoe lief is ouma vir jou?
die laggies in sy oë waai vraagtekentjies
skud kop
gee my jou hand dan wys ek jou.
op sy palm sirkeltjie ek
om-en-om
om-en-om
sien jy, dit hou nie op
dit gaan nooit stop
daarbinne 'n kolletjie
dis jy!
vou nou 'n vashouvuisie
dis hoe lief ouma jou het
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
die digteres is terug . en ek is baie, baie bly .
So pragtig Annelie!
Post a Comment