binne die malle meule
van suburbian malls
tydens die gekke gejaag
en die maandelikse einde in sig
met die bykans dolleeg beurs
en 'n wete: binne dae is hy weer opgestop
in 'n platterige kaart
dus net so kort voor
die volgende salaris inklok
raak alles kosbaarder
en duurder
tussen lotte en lotte
winskope
aan rooi hangers opgehang
en ek laai
en ek soek
nog 'n winserige kopie uit
oombliklik
oorversigtig
en so beheersd
net die nodigste
vir die trollie uit
want ons moet nog eet
en 'n hele huis
wag om gevoed te word
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
5 comments:
Ek hou van daai 'malle...malls' en 'winserige kopie' is 'n briljante bargain.
prosaiese indrukwekkende gedig.
tema eietyds toepaslik.
(en ook - 'van die hand na die mond val die pap op die grond'
vir daardiegene wat aan die begin van elke maand nie eers meer rieme kry/oorhet om dunner te sny nie.)
oulik verwoord,....afgemerkte kledingstukke maak dit altyd moeilik om te besluit of mens dit rerig nodig het selfs enige tyd van die maand!
O-- EINa seer die hard verdied uit die sak. Die gevoel is universeel!!!!
So lekker om te sien dat jy weer blog.
Post a Comment