styfgespanne snaar jou lyf
kolkol tussen die wuiwende gras
jou oë doelgerig
vasgenael
ons aanskou as bevoorregte toeskouers
skouer aan skouer, met ingehoue asems wat stilweg snak
jou prooi staan onbewus
rustig kouende herbivoor
syglad die ooitjie met ver dromende kyk
in haar bokkiebruinoë
haar nagmerrie
wag
berekenend
en ons wag gespanne
die oomblik af
as die aksie in volle vaart toeslaan
jy nie die afstand uit kan rek
en ons wis oombliklik
die jagluiperd gaan nie
vannag honger slaap
rooibokkie jy het
rooi en bloederig geboet met jou lewe
vir oorlewing
van 'n ander soort/aard
bokkie bruin oog kyk nou leweloos
wimpers hang nou bloedbevlek
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
sjoe, jy't sowaar my laat voel ek was ook daar....uitstekende beskrywende gedig!(een se dood is die ander se brood? is seker deel van die natuur maar telkens tog ook nie lekker om dit te beleef, is bietjie wat ek ook dink..)
asof in slowmo die natuur se lewens/sterwens drama in sulke fyn gedetaileerde gestaltes beskryf.
welgedaan !
Post a Comment