Tuesday, August 14, 2007

peuselhappie

‘n lekselkie wit lê

romerig op die droë

koek so lokkerig

hoe sê ek vandag nee

vir ou beskuit

wat nie weerskante gebotter mag word

‘n spoegselkie nat

cream die hele cracker

bruin gemarmite

hoe bedank ek vandag

die stukkie genot

wat so twee twee opmekaar geplak lê

[tussen-in eet is nie goed vir die gesondheid
of die rondheid
so sê die dokter wat weet]

6 comments:

Anonymous said...

giegie-is 'n oulike enetjie,en verwoord die algemene dilemma van besluite oor kalorie innames in 24 uur periodes goed....dus sou ekke reken "moderation" is die sleutel of dan die antwoord?
soooo lekker om weer jou hier te kry!!!!!
xxxxxxxE

My Kop Op 'n Blok! said...

Dis darem baie beter as my pogingkie 'Vers-lanking'. Jy't ook die vermoë om mens te laat wonder.

izak w janse van rensburg said...

pikante gediggie. oor hoe klap my tong nou ook so lekker soos 'n creamcracker en sug ek diep nog nog nog - en om die inname en verbranding van energie te balanseer is 'n haas onbegonne wetenskap.

Ek hou daarvan want soos ons ouer word is die ponde is dit nou kilogramme baie lief om te gaan sit waar mens dit nie wil he nie. Daar is niks so lelik as die getrekte ou mans met die boeppense wat maak of hulle alles weet veral as dit by rugby kom