kom, breek die ys
en steek jou hand in eie boesem
deurleef die warmbak van laaste son se strale
hier by my wuiwende velde
wag ek stil en rustig
want ek weet
jy sal kom
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
3 comments:
oeee! is 'n moooi ene die!!
baie mooi gedig.
...en more oggend vars die son weer en kan die een wat hand in eie boesem steek weer en weer elke keer betyds die ys kom breek.
Jy skryf baie goed! Ek sal gereeld hier kom lees!
Post a Comment