as die son dan, waaragtig weer, loop en breek oor die berge
daar waar die alleenpou gillend om ons hulp begin roep
en die bobbejane instinktief antwoorde uitgrou
dan sal ek weer kom herhaal dat ek onthou
ons het nog 'n keer wakker geskrik
met die eerste druppel dou wat op jou drup
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Ek is nie die ekspert nie, maar ek dink jy raak al beter.
Donderdagoggend luister ek met die werktoery na Dana Winner, My Hart Is In Afrika, wat begin met die woorde:
Die rooi son kom op
kleure ontplof
op die horison
Die CD-omslag sê: Composer: Louw Wessels.
Toe sien ek later die dag in Bloglines Annelie het opgedateer en loop lees:
as die son dan, waaragtig weer, loop en breek oor die berge
Oulik!
miskien so tussen al die aperigheid van gekunstelde primate en die hofmaak van pronkduiwe op die vensterbank durf daar vandag in pragverse uitgespel word sulke helder rymtes soos in hierdie mooi beduidende gedig. die ene mag maar tel onder een van Annelie se versies ....thanx.
ooeg...dalk gaan haal ek nou die bobbejaan agter die berg, maar die pou se roep wat ek hier hoor ,stem my effe weemoedig.....puik skryfwerk Annelie!
Post a Comment