Sunday, September 30, 2007

ek sou wou / ek wil

al sou jy jou oë vir my kom leen
en ek helder sien
al sou jy jou hart in my hand kom stop
en ek heel kon word
al sou jy met al jou oorgawe
vir my lief kom wees
al sou jy, sou ek
in al my eenvoud
net myself vir jou kon gee

3 comments:

izak w janse van rensburg said...

jy mag maar

Anonymous said...

yip, niemand kan iemand anders se lewe leef nie,so graag as ons wil so graag as ons wou, dit kan net nie so 'sad' maar ook so reg is dit...
hierdie versie van jou is eenvoudig puik!

Hannes@Home said...

Ag my meisie - sit ek met 'n knop in my keel.