bukkend
moet ek steeds
bykans stukkend
gekromskarnier
roer rondom
rouwerwels
wat grom en kou en grom
[herhaal 77 / baie meer maal]
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
2 comments:
ouch.
dorsalgie.
of is dit metafories vir swaardra aan sorge ook ?
mooi ge-be-skryf
inderdaad ouch!
en om hom so baie kere te herhaal voel ampers net TE erg.....eina seer!!
baie goed geskryf!
Post a Comment