Monday, April 19, 2010

ek hoor 'n voëltjie

hy tjierrie-tjir, tjierrie tjirrr
met volronde note

maar as ek roer,
tjoepstil die klankies uit sy keel.
hy wag tot ek weer doodstil sit,
dan trek hy los:

tjierrie-tjir
tjierrie-tjirrr!

No comments: