die maan hang bang
in die hemelruim
donker
( soos
ek )
sonder 'n draad
of
klere aan
die maan bedek haar skaam
en wag vir die dag om haar sag
neer te lê
op die langlyn
op die hori-son
die sterre koester
elke uur
en flikker
tot die morestond hul
liggies uitdoof
geen geskarrel
geen trompetter
net rustig
lig die son sy kop op
en breek
vir ons
'n hele nuwe
vier en twintig uur
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Dis baie mooi meisie
Post a Comment