Thursday, April 8, 2010

die maan wag op 'n helderdag

die maan hang bang
in die hemelruim

donker
( soos
ek )

sonder 'n draad
of
klere aan

die maan bedek haar skaam
en wag vir die dag om haar sag
neer te lê
op die langlyn
op die hori-son

die sterre koester
elke uur
en flikker
tot die morestond hul
liggies uitdoof

geen geskarrel
geen trompetter
net rustig
lig die son sy kop op
en breek
vir ons
'n hele nuwe
vier en twintig uur