die vrou in die Pick&Pay
lyk rêrig vreemd
so half uit haar plek
soos 'n boemelaar met redelike klere aan, hare effe onversorg
en 'n vreemde kyk in haar oë
(ek dink actually sy's dalk gerook)
in die gang
by die bababottels en dinge
staan sy en bedui, redelik hard
wilderige arms
een in die lug een hou vas
aan 'n stootkarretjie
waarbinne 'n popklein seuntjie slaap
nog rooi om sy ogies, soos babas soms lyk
hy't 'n biffie aan, ek loer nader, sê haai die woorde daarop is cute
(agterna kan ek nie onthou wat hét daarop gestaan)
die baba, bedui sy, is net 4 maandjies oud. die kind (lyk vir my so amper pasgebore)
die kind moet nou kos kry
en sy kannie alles self maak nie.
maar op die rak is kleinbotteltjies vir 6 maand-oud, en groot bottels vir 7 maande, en middelslaggrootte vir ja raai 5 maande oud (maak dit nou sin?)
maar vir so R6 stuk of so, is dit 'n bargain, beter as om dit self te maak
sy wil dat die kind so gou moontlik solids moet sluk
dan is dit mos makliker
die ding is net
hier's net butternut en nogiets, (wat ek nou ook nie kan onthou wat nie)
o, kry ek uit, gedagtig my eie soeke op dieselfde plek so paar maande gelede
ek groet haar: hoop jy kom reg
as ek om die draai in die gang langsaan kom, hoor ek haar
steeds
redelik hard
ek dink sy praat nou met die skoonmaker, die een wat nou-nou gesê het sy waai die vloere droog, na sy opgevee het.
ek stap aan en dink
wragtag die biffie het gesê
please, no snapshots!
of so iets
so sit en skryf ek dit nou op
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment