kan 'n druppel of 'n traan 'n hart laat groei?
die oomblik toe jy hom
in my hand terugsit
en ek jou oë sien,
het die wete te swaar geruk
my stem heel stom geskrik
my kromvingers kon nie vashou kry
my bakhand kon nie oper hou
'n oomblik gedeel 'n oomblik te veel
jou t'ruggee te gou
om raak te vat
'n oomblik gestol
en holderste boller gaan 'n hart op hol
dit sal my leer om raker te sê dit sal my leer om stipper te kyk en my oog heeltyd oop te hou dit sal my leer om vinniger te lees dit sal my leer om flinker tot verstaan te kom dit sal my leer...
Here wat leer ek tog
Here my God wat leer ek nóg!
my stilroep wil gil
my lostrek haak vas
my alles is losgeskuim
Here hoe leer ek U Genade is groter as dit?
ek wou ek wou
nie so met hom omgaan
hy wou hy wou
nog 'n rukkie beter bly
nog 'n bietjie langer klop, net
nog 'n stukkie heelbly ook
ons wou ons wou nie
so met mekaar omgaan
ons wou ons wou
vol lewensvreugde bly
ons wou
mos maar
net ook
lewenslank
hou
my droom is stukkend gehoop
my hande het hul greep verloor
my hart lê flenters geloop
kán 'n druppende traan 'n hart laat groei?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
8 comments:
ouch!slat hierdie nou hard in my hart vas!?"sal 'n vallende traan 'n hart laat groei?".....ek wil ....maar dink nie ek gaan hier te veel se.....net vir nou hierdie gedig tref diep!!
sorry: druppende traan( ek dink nie ek kon so mooi tussen my eie trane nou deur sien nie!)
xxxE
ek en jy is een stoffasie, en tog...
vallende traan sou ook kon werk, seker.
ek het maar die traan en die druppel van die eerste strofe weer "anders" herhaal in die laaste een.
dankie vir jou komtaar E, ek sien jy lees my versies al pop hulle so na die tyd eers hier uit, so in reverse, soort van ;)
liefde,tot die einde van die jaar, giegie, na dit ook, hoor, maar daai stukkie gaan bietjie anners wees, mos.
xxxAxxx
giegie;), ek kon sowaar dink jy bedoel die lewe hierna ....maar dan weer weet jy dalk iets wat ek nie weet van na die einde van die jaar??
jaaa ek sleep telkens maar die regterkantste skuifknop af hier op jou blog, jyt mos gese jy bere hulle soms in die laai tot ryp en later....hoe's daai?
(vrot poging tot rym sou ek se!!!om myself sommer te antwoord)
xxxE
"the heart will go on and on ..."
Celine Dion
vreugdevolle bokspringe
word die susterdogterdigter
toegewens
gebid
jammer oor die 3dubbelle inpons by "peuselhappie" - toe ek uiteindelik klaar daarmee was en by die bordjie kom het die ander dit leeg geeet.
ek's soooo gelukkig om julle as familie te hê, my hart loop oor!
Dankie vir al die lekker kom'tare en al die lekker lawwerige (Hmmmm) humor ook.
Ek's nie net trots op julle, ek's soooooo dankbaar!!!
xxxxxxx
Sjoe! Dit raak diep snare aan. Woorde het ek nie om dit te beskryf nie...soos so baie van jou versies. Jou talent is groot.
sommenetekke,
ekke kom gou dankie sê
somme op my blog se spot
oor ek nie weet hoe anners vir jou 'n boodskappie te laat
as jy my jou adres gee, tik ek vir jou 'n e-pos ook
maar dankie, ek waardeer jou kom'taar!
;)
Post a Comment