bitter gal blaas
bitter gal braak
die lyf wil nie meer
bitter pil sluk
bitter pil brokkel en breek
die wil kan nie nog
bitter lyf hou
bitterder bars
bitterste hou oor en uit
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
6 comments:
die frankste bessiedag sal stroopsoet oopbreek en kan dans met 'n pouveer in sy hoed agter die donker gordyne net as ek ingrid hier vry mag aanhaal en om dan te se ek dink jou gedig mag maar in die bundel 'n klein plekkie kry net as die vrolike wynland skryfsels dit daarin sal verswelg.
sjoe, lekker en minder lekker is maar deel van die ou lewe , maar hierdie is uiters goed verwoord van 'n minder lekker deeltjie.
Mmmm... wie het nou weer geskryf "'n Druppel gal is in die soetste wyn"?
Soos Izak sê, ons wag vir daardie. Sien ook Lucas Maree: Eers as ons gebreek word, en gelouter(?), word ons volmaak helder edelwyn.
Jammer, Edelwyn is natuurlik Koos Doep se woorde. Lucas sing dit op Koos se Plaat. (Lucas kan ook sulke mooi woorde skryf en ek het net sy stem in my kop gehoor op daardie tydstip.)
Ja, dit is maar 'n probleem om tred te hou met kommentaar wat mens op iemand anders se blog gelos het, om te sien of jy geantwoord is, maar ek sien maar dis hoe die mense dit doen, dit vorm deel van die bespreking van daardie onderwerp.
Ek het al gesien party mense se blogs het so iets soos "Comments on About Me", wat dalk 'n goeie plek is vir 'n boodskappie wat nie betrekking het op enige spesifieke possie nie. Soos nou, hang ek dit maar aan jou laaste versie. Ek weet nie of dit 'n blogger/blogspot probleem is nie, ek sal my oë oophou.
Jy kan my email by mykopop daarby gmail dot com!
Post a Comment