die polimiek vandag, so lyk dit my
- hier vanuit my hoekie uit -
die gaan oor 'n ding waaroor almal deesdae lekker oopbekkerig praat
selfs grafies beskryf
en dan nog so 'n biekie meer
net vir .... wel vir...
- lyk dit my is dit die antwoord (s)onder punt -
wel seker vir diegene wie se breinselle nou al bietjie papperig raak en die speeksel al lekker uitgeloop hang of die wie regtig egtig hulp met kammalekkerte nodig het
of maaind you, of net incase
of vir watter rede ookal die lustig heid homhaar wel geval
vir daai rede
en dan gooi ons sommer nog 'n paar anner lekkertes so op die koop toe ook nog in
of ons verloor 'n paar, sommer almal dalk in die proses
of ons skep nog 'n klompie en kyk wat broei dan daaaarso uit
die polimiek vandag, wou ek sê
so (s) ê-erig, sonner die s is dit rêrig ê-erig
die polimiek vandag
sit nie meer in 'n dametjie wat lekker losserig so om elke hoek en draai'kie kom
kom ons noem haar prostituterig
fyn uitgevat, nes dit die manne gevalle
die polimiek vandag, reken ek ook nie eens meer
sit in 'n mannetjie wat hom heeeeerlik uitspeel
of 'n hom-melkie of 'n liederlike (s)lang
kom ons noem hom dan vir die rekord lawwe gigalo
die polimiek weet nie meer en kyk nie eens net na beide kante
die polimiek wil een besweer een kruisig
en sal een vind of sommer ammal op die koop toe
en dan weet die polimiek dese dae
nes die politiek ook maar van destyds
maar dis 'n digsel vir 'n anner dag
soos ek sê
die polimiek weet ook eintlik
NOG minner wat om met die skewe S
die skuinsgewaaide boompies
die essies en die aggenade MOET ek dit sê
goed dan
die gekurserveerde sssssssss
dalk was dit die kursief gedrukte een
wel met daai een
weet die politiek en die polimieke en die anner fillistynse liviete
en al ons gewone armsalige mense ook maar nie meer
en oor die kerk en sy beleid, sal ek nou verder tilbly ook
so ontlekker ont-s-letterig
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
giegiegie-sorry ek is seker in 'n giggel bui vandag .....
die (S)se sinnespelinge hier, sal ek maar net kan sê is SUPER SKERP!!
;)
die gedig tipeer die warboel van rekreatiewe seksuele losbandigheid en permisiwiteit wat amper lyk of dit in 'n soort normatiewe adrenaliensport ontaard het retrovirus en al die gepaardgaande liefdelose emosie-moord ten spyt.
om kuis te sit en stil toe-oog te verneem en dan in die binnekamer laggend tot God te bid, is die enigste verweer. jou gedig sal seker ligter en of smalender kommentaar uit ander oorde ontlok as hierdie beskeie persoonlike voetnota van die eie ekke.
lekker skryf !
iets met die Fred-saak te doen hierdie ene ?
Post a Comment