ek verlang na julle vandag so (on)lekker eina erg en ek weet al weer nie meer hoe om my verse op die blogger te kry want almal wil in draft-vorm bly almal wil net in gewone sneesdoeke verdrink of so snotterig opgevou word. nie een weet meer wat hulle eintlik wil sê en wat eintlik hier broei. so ek tik nou ouderwets net 'n kort boodskappie. kyk dis sowaar nie 'n sms of 'n e-pos of anner poste en hoë huil note en rukkende snikke of sinne dis nie eers op mns of yahoo of google of skype of ingeprent op facebook nie dis maar net ek hier op die vreemde geleende papier. met letterkies wat rondgeskommel is en ek hoop van harte iemand sal al die harde papiere waarop my hart uitgeskryf lê eendag kan versamel en in die dekselse bundel kom dig want my hart kan nie in die digte bundels uitgeskryf word en als lê om my gestrooi en ek weet vandag weer soos altyd maar ek weet eintlik so verdeksels niks maar ek voel ek voel ek voel dit verseker ja ek verlang my byna so byna dood. as hierdie nie vir jou sin maak is ons op dieselfde plek of dalk myle van mekaar
dan groet ek maar weer
xxx
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
5 comments:
'n stuk
'stukkende' prosa
wat aan die hart kom pluk
en plek en tyd moet kry
om in gebondelde verse
hulle bly te kry
en dan vanself
die salf te word
wat sal genees
in die letter
en in die gees.
wedersydse verlange.
ekkelekkegekke
ons
opgedonsde
digters
genetiese vreugdes
onverdiend
maar versekerd
NS.
dink
trippleXmint
lippe
wat wange wil soen
en word dan weer
net maar spelende
'n kind
ai neeee,... hier sit ek nou met snikke en tissues wat om my besaai le...!kan amper nie deur die wasigheid voor my oogvenster nou sien om eers hier te tik.
ai nee.
dit maak dan vir my sin!!!! maar ons is dan nie op dieselle plek nie!!!!(ek WEET die plek is in ons
elke een se hart) daai plekkie kry net soms so bitter swaar en seer.
"Untitled" prosa stukkie moet nog sy naam kry want hy speel met my hartsnare vir langer as net 'n rukkie......xxxxxxxxxx(hugs)x klompe en nog.
ps. en izak se ns stukkie.....
ai nee, ek het nie woorde nie, soek net tissues nou!!!!!
Uitstekend! Voel presies dieselfde. Sterkte. Die bondeltjies sal uiteindelik saamkom en sin kry.
Dis nou pragtig en raak gevat ek verlang erg na die mense wat al weg is. Dis uitstekend moenie ophou skryf nie ek geniet dit baie
Dis nou my tipe van vrye vers - baie goed !
Post a Comment