Tuesday, July 24, 2007

sommer 'n dagbreek liekie

die rooikim hang helder en sag
soggens lig getooi in haar volle lag
agter die pienkblou heuwels ingenooi deur
my grootste liefde, die hartlieflam van my

hoe sing 'n sanger sonder 'n witter noot
hoe klink die wysie sonder 'n blou akkoord
hoe wals 'n dans as passies tussen klip en kop
sy stem weer vind, die liefhartlam van my

waar sal ek ons geheime laat los
onder watter boom, in watter bos
waar sal ek ons liefliedjie kom strooi
om my hartlam op die wind te nooi

hoe sal ek ons liefde met goue strikke
tooi teen mure met sonnige skadurukke
wie sal ek nog vertel, voor jy my kom haal
my hart, my lam, my man, my liefsteling

2 comments:

Anonymous said...

dis mos lekker as die dag sooo begin....kry iemand om dit te toonset want dis 'n lekker liedjie!!ek kan hom al hoor speel....

izak w janse van rensburg said...

met die terugblaai hierdie mooi liefdes liriek gekry en saam geneurie. in die 2de laaste vers skemer a krog tog effens deur.
'n lekker vrolike gedig.