Thursday, February 18, 2010

as die wande van die walle glibberig raak

sy murmel en mymer nie meer
die rivier loop gelykmatig
stroom-af, natuurlik

haar treë tog versigtig
want sy ken van val
veral as voete gly

nou en dan
kibbel sy kabbelend
om of oor 'n klippie of nog

vergewis haar steeds
dis 'n ware rivier
lewende vog

met die duikslag spat
druppeltjies bloed

sy swem

vryslag

No comments: