Friday, February 19, 2010

ons almal wil tog blom

ek gryp die madeliefie
pluk haar blaarkies
een-vir-een
af

ek vra nie
he loves me he loves me not
ek vra
hy ken my hy ken my nie hy ken my hy ken my tog hy ken my hy ken my niks

en ek weet nie meer wat ek najaag nie
want
'n blommekie lê nou blaarloos hierlanges
gevrek

No comments: