Monday, March 22, 2010

ek het aan jou gedink

[vir almal op my gebedelys]


vanoggend vroeg
op die agterstoep:
oop, onderdak
het ek gesit

dit was mooi
die wolke
die kleur
die berg
die lug
die seevoëls
in hul vlug

die koffiebekertjie walm wasemgedagtes

agter my, voordeur se kant
kon ek die geluid van die see verbeel

ek het aan jou gedink
my oë was toe
my woorde
by God

3 comments:

Hannes said...

Het nou net gelees.
Hou van wat jy in hom sê.
Dalk - ook die seevoëls
in hul vlug - wat van as jy die "ook" uithaal - dan is die hele strofe se reëls lekker kort en sterk.
Ek hou van die laaste reël -
my oë was toe -
Stunning

Anonymous said...

ek geniet nog altyd te verdwaal hier op jou versie blad,soms raak ek net vies vir myself dat ek te min tyd maak vir hier vertoef, maar ek kry jou op soveel plekke soms(*smile*).... altyd iewers as ek jou mis soos nou
Exx(eozi haha)

Annelie said...

Dankie sus, ek dink nie jy weet hoe welkom jy hier is nie ;)
xxx