"wees eerlik, hard en reguit.
geen mooi woordjies nie.
heuningkwaste is mos vir dogtertjies wat nog in fabels glo"
toe
steek jy my lyfgedig
driftig aan die brand
wyl jy met een hand tik
fors jy jou kop soos 'n stukkende cokebottel
in my binnegoed in op
skeur jy my kernwoorde
met koppelteken en tongklap
middeldeur
breek my vrugwater met 'n dikrooipen
asof dit jou skepsel is
sny die naelstring van my vers in frases
pluk my eierstokke een vir een af
en jy sê: kyk, so lyk rym
jy deurboor my g-kol: die vrou sal nooit weer baar nie
suig my vog
kil op
rol jou oë onskuldig
proes 'n hmmmm
fok
en jy
kotsspoeg
my
met 'n hoonlag
letterlik
uit
ek is
witgeskrik
bleekgetap
gebrokkelbreek
my lende lê lam
skuil teen die huilblêr van 'n stomstilstem
en êrens in die koggellag
refrein enjambemente en leestekens
die eggo
asof dit singend roep
jy wou mos jy wou mos
"so he served you
right"?
ja, ek sal
nee, ek sal
hom nie
kan aangee
vir verkragting nie
ek het mos vir kommentaar gevra
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Wys my wie dit was, dan bliksem ek hom.
groot glimlag vir jou... dankie, maar dit was nie iemand nie, dit was sommer biekie delf in verbeelding in ;)
Post a Comment