ek sweet
van vet van warm van werk
van te min oefening ook
die kind (van my vriendin) kyk op na my
met vraagtekentjies in haar ogies
in 'n klokhelder stem wil sy weet
waarom huil jy tannie?
t'wyl jou mond wyd lag?
waarom huil jou gesig?
toe lag ek maar net
en strompel 'n oomblik oor woorde:
ek weet nie
ek het gedink ek sweet
wat weet ek tog
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
hehe cute
Exx
Post a Comment