Monday, February 1, 2016

om na kleintyd kuiers op die plaas te verlang

my hart hunker na plaas
ek sug
na vars geploegde grond, reuke van groei wat hang in die lug
die dreuning van dansende druppels op die dak
                     en oral oor
soos in my hart

my lyf jeuk vir dinge
soos perdry
kleilat gooi en windbuks skiet
kallers voer, hanslam bottelbors bederf

my hande vir koeksisters vleg
heuningkoeke swaai
en die pluk-pluk van granaat in die laan

na grypryp koringare
vir ouma se portaal

ek wens vir 'n dag
soos anderjaar
op die familiewerf

No comments: