Monday, February 1, 2016

vandag is getroos

die fynvoel van haartjies op jou arm
troos
as ek daaroor vryf

ek sluk 'n traan
rus my kop in die waai van jou elmboog
en droom

die vliegtuig van more
land vanaand reeds op Kaapstad Internasionaal

No comments: