sy laaste asem
flikker vlak
die eggo van horte
raak sagter
huiwer
raak
weg
ek raak hom aan
vir die laaste maal
vir die eerste maal in sy sterf
geskryf eerste kwartaal 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
No comments:
Post a Comment