Wednesday, April 16, 2008

my hoogste lied

Here
ek hoop so van harte hierdie klink na 'n lof lied
een soos ek so graag wil skryf en sing en wees
een sonder donker note en skewe klein letters en vreeslik baie spasies tussenin
een waarop ons albei trots kan wees
maar Here
die printer se ink is byna op
en die slotsang wil nog nie begin
dit crescendo nog net in my toon

No comments: