al verstaan ek maar
'n flerts en 'n flarts
hier
in my binne-aar
verstaan ek florts
oor flirts en flyrts
en alles daai en
nog
'n bietjie
tjorts
[spelspeel met vokale word stroes nie aanbeveel]
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
3 comments:
"flirt" is mos maar net om so speel-speel te charf sonder enige ander pretensies, ne?
al die ander terme, behalwe "flyrts", verstaan ek (spatsels,klappe uitdeel,om op te skeur,gisserig,swammerig)en dat warm-agter-ore en 'n gatvolgeit uit die gediggie straal...
jip boeta, flirt is na bewering skadeloos, omdat dit na verdere bewering met geen kwade intensies rondloop nie.
die uwelike hier dink soms dit is snert, in eenvoudige taal. Gee die duiwel 'n vatkans...
dink daarom bepleit ek seker hier die laat staan van speel met vuur (in die beeld van vokale). en nee daar is geen woord soos flyrts, dis totaal opgemaak, net om te wys tot hoe ver die saak kan loop... tot
waar daar nie eens meer woorde daarvoor bestaan, tot waar jy nooit gedink het dit sou kon loop, so iets.
hmmm, ja?
ek lees geirriteerde frustrasie in hoofletters raak
'n opinie wat ek nie kan verhelp om te deel nie..
Post a Comment