Monday, April 14, 2008

druif

jy's gekorrel
jy's gepars
jy
word
ge f e r m e n t e e r

jy gaan beloer
en geneus
nog ingesluk word ook
malbec'ie of te not

net maar nog 'n kultivar?

4 comments:

izak w janse van rensburg said...

wynkenner is ek nie
kultivar dus onbekend
die gedig proe egter voortreflik
genoeg om belese in bewaring te bly

Anonymous said...

Ewe onbekend aan my die kultivar, maar ek's ook mal or so 'n franserige malbeknaam. Dankie Annelie - mooi.

Anonymous said...

my wyn kennis is beroerd genoeg dat ek dalk my onkunde hoog ten toon stel, maar die malbecíe klink na 'n annelie bedinking wat sowaar 'n kultivar kan wees!
my wynkennis het egter die afgelope tyd so opgetel dat ek dink hierdie druif se sap het goeie potentiaal om met 'n prys weg te stap...

Anonymous said...

Dis dalk Pieter se ?? wyn wat al die sintuie verneuk???