Saturday, April 19, 2008

waar?

êrens
op die pad tussen bloem en brits
het jy my vir jou gevat

êrens tussen toe en nou
was ek gewillig en bly

nêrens het jy my vertel
dat tussen êrens en nêrens
'n helse afgrond hang

4 comments:

izak w janse van rensburg said...

Sus,

Bepaald weer 'n baie seer en
'?persoonlike' gedig.

Waar 'afgrond' vir die leser 'n verwydering (Eng. void) oproep-'n Naby maar tog so Ver gevoel.

Dis nie my gedig nie,daarom huiwerend, wil ek gee : 'moerse' as byvoeglike naamwoord kan maar ook 'onpeilbare' in die gediggie wees.(altyd bring die m- woord vir my die oerbaarmoederlike vrouwees van 'n eie Ma na vore en daarom probeer ek dit min gebruik as ek iets grotesk wil beskryf, so half uit respek? - maar asb. ek wEEt hier word dit nie so bedoel nie- dis maar net ekke net ekke!)

Anonymous said...

Hangende
bly alles
ongegrond

iewers moet die voetjies vat
;)

Anonymous said...

Erens, tussen vandag en gister
het ons almal iets verloor

Annelie said...

izak
ek het uiteindelik besluit vandag luister ek na jou raat... die moerse het toe maar net helse geraak, ek byt nog nie aan die onpeilbare :)