êrens
op die pad tussen bloem en brits
het jy my vir jou gevat
êrens tussen toe en nou
was ek gewillig en bly
nêrens het jy my vertel
dat tussen êrens en nêrens
'n helse afgrond hang
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
4 comments:
Sus,
Bepaald weer 'n baie seer en
'?persoonlike' gedig.
Waar 'afgrond' vir die leser 'n verwydering (Eng. void) oproep-'n Naby maar tog so Ver gevoel.
Dis nie my gedig nie,daarom huiwerend, wil ek gee : 'moerse' as byvoeglike naamwoord kan maar ook 'onpeilbare' in die gediggie wees.(altyd bring die m- woord vir my die oerbaarmoederlike vrouwees van 'n eie Ma na vore en daarom probeer ek dit min gebruik as ek iets grotesk wil beskryf, so half uit respek? - maar asb. ek wEEt hier word dit nie so bedoel nie- dis maar net ekke net ekke!)
Hangende
bly alles
ongegrond
iewers moet die voetjies vat
;)
Erens, tussen vandag en gister
het ons almal iets verloor
izak
ek het uiteindelik besluit vandag luister ek na jou raat... die moerse het toe maar net helse geraak, ek byt nog nie aan die onpeilbare :)
Post a Comment