Monday, November 16, 2009

by kleindraai verby, ook by pietverdriet, dis naby, dis hier

soos die wieg van die wind
soos die spoel van die see
die breek op die rots
die bitter seer

soos die klater van die woord
soos die balm van die gees
die lag in die keel
die borrel in die bors

die koring op die land
die oes in hand

soos gerwe gebind
soos afgebid
dis vas
dis ons

No comments: