*
papawer saad
papawer blom
'n knop het geknak tussen my en hom
*
liggies verskiet
kabbelkies kring
die kim het gebuig die grens is tot niet
*
die traan het gebars die pyp loop leeg
*
crescendo basuin
die blou refrein
dis oor
dis oor
dis
al
dis grys
*
pampamper die lied
wieg sag die slaap
die trippeldans hier
loop anderdag tot daar
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
ek deel met jou
XXE
dis gepas.dis opreg.dis skoongewas.
dit gaan nooit weer weg nie (want dit hoef mos nie)
Ek hoor hoe jy voel, met woorde wat so mooi saamwerk.
Post a Comment