Thursday, November 26, 2009

hê?

al die prentjies is nou opgepomp
hulle lag
skater
en kloek
al die paadjies is nou deurgetrap
geen enkel doring meer
in geen enkel vlees
daar gaan 'n einde hieraan kom
as die spelde prik
en die lug uitblaas
dan
o dan
sal geen pop meer dans
geen nag rinkink
vonkels borrelloos blok
wat sal ons
dan
sê?
ons was nie gewaarsku nie?

No comments: