Saturday, November 7, 2009

sonder tjieng

vandag pluk ek vir jou
'n kosmos blom
sommer hier langs die pad

een wat tussen al die ander
dawerend jou naam loflied

ek sit hom so skuins
op die dashboard neer
om jou oog elke kort-kort te vang

sodat die son lig daarop baljaar
en die kleur en die dou
soos manna
jou sal guide