Wednesday, June 13, 2007

Carissa M by die eetplekke

in Jongnooientjiesfontein
lê Carissa macrocarpa
veilig ingewortel, nes
ons haar ken, sommer so,
'Noem-noem'

stilletjies ingegrawe
in sy binnehof lê sy, waar
Jongnooientjiesfontein
lê in Paternoster, net
so duskant Tietiesbaai

daar dra sy blommetjies wit
met haar knoppies knus
ingevleg tussen doringkies
wagtend op 'n ander tyd
om haar ronde vruggies te dra

maar 'n rukkie verder verby
net so skuins na Oep ve Koep
brander die Weskus riffelend oor die baai
golf en blus hom vas teen die voorste stoep
van die alombekende die alom gewildeVoorstrandt Restaurant

[ek onthou 'n naweek in die middel van die week
op 'n dag soos vandag êrens in Maart, dalk in Mei]

4 comments:

izak w janse van rensburg said...

mooi enetjie die . verse met vae hartseer . mens wonder mos soms so vlietend by 'n teken van iemand se weggaan die ewigheid in oor die lewe wat was en oor hoe en wie hartseer agterbly. veral ook so op die hoof en sekondere paaie waar ongelukke lewens opgeeis het en die kruisies opgerig langs die pad met vars blommetjies gedrappeer die stil getuienis daarvan probeer wees. en dan dink mens mos weer dat mens moet ophou top want jou eie en soortige probleme kry mos altyd weer voorkeur ?

Anonymous said...

dis rerige mooi ene die! nostalgiese onthou, hoop jy kry ook kans om weer terug te gaan en te gaan kyk of die blommetjies al plek gemaak het vir vruggies so tussen die dorinkies...hulle se Carissa dra op haar beste tussen Mei tot September. Dalk kan jy paartjies "preserve" in 'n bottel vir wanneer ons dalk eendag ook rerig weer bymekaar kan saamkuier?of wat droom ek nou alweer alles....

izak w janse van rensburg said...

skuus net weer die blommetjies het my toe eerste maal nie heeltemal katbos,kambro,noemnoem of granaat laat ruik nie maar Carissa was die slag regtig 'n aanskoulike groeiseltjie op 'n jong graffie in die binnehof vandaar die verbeelding oor die kruisies langs die pad wat weer bewys is dat eninge gedig maar ook le in die oog van die kyker.weer gelees is die gedig steeds baie pragtig.
mooi bly en heerlik semi-intrek en ry....

Hannes@Home said...

Ek lees jou versies en ek onthou