sal my knakkende knie
nog dieper kan buig
sal my vallende oog
die tekens verder raaksien
sal hierdie linkersleep voet
'n enkelpad voluit wil loop
sal ek
met 'n wikkelwiel
deur die doodloop mag ry
sal ek met my stille klap
nog 'n blaar laat val
waar 'n blom moes bot
of 'n vel moes groei
sal ek met my arm jou los kan woel
met my keel jou vas kan trek
sal my grou woorde jou vuur warm broei
en my vraag ooit
jou antwoord kry
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
jou karnallie,toevallig het ek die regter kantste bar hier afgesleep hoeveel het jy nog hier versteek jy moet laat weet as ekke nog gemis het alweer.
hierdie ene is DIEP hierdie ene vra 'n bespreking......
vir nou net dit -vervang die "ombudsman" met God en ek weet jy weet jy gaan die antwoorde kry.
hierdie ene is baie baie goed... jy dig/skryf mooi.
liewe sus
jy mis uit ja jong, baie!!!
(ons net ook, dis ook waar, en ek weet jy weet dit ook).
die goed lê maar soms so rukkie in die draft-laai, die craft-laai, die laai waarin dit ingelê word sodat dit kan uitbroei en voor dit in die wind in waai. dis maar 'n ou laai
van my daai
lol
nog 'n vraag?
o ja nee, ons sien en hou uit tot die einde vannie jaar, mos, liefde tot dan, sommer baie laaie en kaste vol, so gestuur oor die .... niks wil nou rym met die aai dat dit verder sin maak, dan sê ek maar net koebaai!
xAx
natuurlik is die ombudsman se antwoorde op al die vrae "ja"
en lyk my hoe langer die skryfsels onder in die laai ledig stoftrek hoe meer belee word die verse net soos goeie kaas en wyn.
stuur asseblief vir my 'reminders' via epos as ek van die skryfgoed oorslaan in die geharwar(wat 'n mooie woord is lg. nie!)
Post a Comment